Cunninghamlaan Bedieningspunt
Tussen Spioenkop & Frystraat
Waverley
Tel.: 012 332 1779
E-pos: ngwaverley@mweb.co.za

Eredienstye:
Sondae: 8:30 - 9:30; 10:30 - 11:30; 14:30 - 15:30 (Sepedi); 17:15 - 18:15
Kategese: Junior (Gr 0-6) 9:30
Senior (Gr 7-10) 17:15

Padkaart
25°42'08.05"S
28°14'59.66"E

Ons wil as Geloofsfamilie, God Drie-enig voluit dien deur  God in alles te verheerlik, geestelik te groei, vir mekaar om te gee, en 'n verskil in ons wêreld te maak.

30ste Laan Bedieningspunt
Tussen Ben Swart &
Haarhoffstraat
Villieria
Tel.: 012 330 1077
E-pos: ngwaverley@mweb.co.za

Eredienstye:
Sondae: 9:00 - 10:00; 18:30 - 19:30
Kleuterkerk: 9:00 - 10:00 (bokant Konsistorie)
Kategese: 10:00

Padkaart
25°42'46.66"S
28°14'08.66"E
Tuisblad Bediening Ons Jeug Ons Gemeente Kontak Ons



Ons Gemeente
 
 Inleiding


Die NG Gemeente Waverley is geleë in die oostelike deel van Pretoria se bekende Mootgebied en bedien hoofsaaklik die oostelike gedeelte van die woonbuurt Villieria en die westelike deel van Waverley.  Daar is tans ongeveer 2300 lidmate, insluitend kinders, wat ons een van die groter gemeentes in die omgewing maak.  Persone wat buite die grense van die gemeente woon,  is ook welkom om om lidmaatskap aansoek te doen. 

 

Die groter gemeente  van Waverley het ontstaan toe die gemeentes Waverley en Villieria-Oos in 2002 een geword het.  Die gemeente beskik oor twee gemeentekomplekse - in 30ste Laan, Villieria  en in Cunninghamlaan, Waverley.  Daar word Sondae eredienste by die kerkgeboue van beide komplekse gehou sowel as by Huis Vergenoeg, ‘n groot tuiste vir bejaardes binne die gemeente-grense.  Gedurende die skooltermyn word nie minder as vyf eredienste in Afrikaans op ‘n Sondag gehou nie.  Hierdie eredienste vind almal op verskillende tye plaas en hul aard wissel van formeel tot informeel sodat in almal se bedieningsbehoeftes voorsien kan word.  Daarbenewens word daar ook Sondagmiddae ‘n diens in Sepedi in Cunninghamlaan se kerkgebou  gehou.  Almal is welkom om hierdie eredienste by te woon.

 

Die gemeente word bedien deur vyf voltydse en deeltydse leraars.  Daarbenewens is ‘n groot aantal lidmate aktief betrokke by verskillende bedieninge.  Meer inligting verskyn elders op die webblad
 

 - Prof Helgard van Wyk, Januarie 2010

 Visie

"Om as Geloofsfamilie, God Drie-enig voluit te dien"
Ons wil hierdie visie waar maak deur:


- God in alles te verheerlik - na bo
- Geestelik te groei en vir mekaar om te gee - na binne
- 'n Verskil in ons w
êreld te maak - na buite

 Roeping

Ons geloofsentiteit

Ons is mense wat deur God verlos is om sy familie in die wêreld te wees.

Ons roeping

Ons is hier om as geloofsfamilie ‘n geloofwaardige verskil te maak in ons omgewing, ons stad en ons land deur:

  • Gevorm en toegerus te word;
  • Om in mense se lewens ‘n verskil te maak;
  • Deur ‘n fontein in ‘n dor wêreld te wees waar mense hoop kry en beleef;
  • En so dissipels van die Here Jesus te wees.
     
 Waardes

Ons kernwaardes is:

  • Ons verwonder ons oor ons God en sy reddende genade vir ons en ons leef daaruit.
  • Ons kry ons koers uit die Woord en ons belydenis.
  • Omgee-verhoudings met betekenis.
  • 'n Passie vir die nood van die mens en sy wêreld in gehoorsaamheid aan die Groot Opdrag van Matt 28.
  • Ons dien in die styl van Jesus.
  • Ons is besig met ‘n volhoubare, lewensveranderende groeiproses.
     
 Lidmate

Oorgrenslidmate: Baie welkom in ons gemeente! Kontak gerus die Kerkkantoor vir posvakkies.
Nuwe lidmate:
Baie welkom in ons gemeente! Ontmoet asb. die leraar of 'n ouderling na die erediens voor by die liturgiese ruimte. Ons wil u graag welkom heet. Bestaande lidmate wat van nuwe intrekkers bewus is word gevra om die kerkkantoor asb. te laat weet.

Almal is welkom in ons gemeente!

Geloofsoffers

Geloofsoffervormpies is by die kerkdeure beskikbaar. Lidmate word aangemoedig om hul maandelikse offergawes per debietorder te laat aftrek. Kontak asb. die kerkkantoor vir 'n vorm. Andersins is u baie welkom om u bydrae direk in die kerk se bankrekening in te betaal.
 

  Bankbesonderhede
  Rekeninghouer   NG Waverley
  Bank   ABSA
  Taknr.   335245
  Rekeningnr.   1430157120

Kerkraad

Struktuur van die Kerkraad van Waverley Gemeente

Die struktuur van die kerkraad lê op verskillende vlakke en moet as verskillende dimensies gesien word. Die kerkraad is verantwoordelik vir die bestuur van die gemeente en die sentrale punt waar die bedieninge, pastoraat en administrasie gekoördineer word.

Kliek op beeld om te vergroot


V
oorsitter
Sarel du Pisani
Tel.: 012 333 4758
Sel: 083 458 2112
E-pos: almero@netactive.co.za

Ondervoorsitter/ Leierouderling
Johan vd Westhuizen
Tel.: 012 332 1681
Sel: 082 550 0140
E-pos: wes@wtp.co.za

Leierdiaken
Bossie Bosman

Sel: 082 571 2572
E-pos: maxine.bosman@absamail.co.za

Vir meer inligting oor die Kerkraadsamestelling & Dagbestuur, kliek hier (pdf dokument Augustus 2009)

Vir meer inligting oor ons gemeenteblokke (wyke), kliek hier (pdf dokument Junie 2009). Vir leraars volgens blokke, kliek hier.




 

Nuttige Skakels
NG Kerk
Die Bybel
E-kerk
Die Kerkbode
Fakulteit Teologie (Univ. van Pretoria)
Kletskerk
Godsdiens@Die Knoop

Om te lees ...
Ds Attie se Koffietafel Blog
Bybelleesprogram
Gebedsrooster
Kruik Argief
Preek-argief
Tieners@Waverley
Vox Viva Internettydskrif

Word deel van ons Poslys
Word deel van ons e-pos poslys
ngwaverley@googlegroups.com
 
Stuur 'n e-pos aan die Webmeester indien u geregistreer wil word
 
 Laaste datum opdateer: 18/09/2009
Webbladsy word gehuisves deur TheDOT. Kontak die Webmeester.