|
Bediening
Sien asb. inligting bo-aan bladsy.
Het u 'n preek misgeloop, of wil u graag weer na 'n preek
luister of met 'n ander deel? CD's van preke kan bestel word @ R
10,00 per CD. Voltooi die blou vorms by die kerkdeure, of kontak:
Sarel Meyer
(Cunninghamlaan)
Tel.: 012 377 0985
Sel: 072 239 3664
Fanie Kotzé
(30ste Laan)
Tel./ Faks: 012 330 1077
Sel: 082 320 8163
Het u ondersteuning en/of bemoediging nodig?
Wil u graag besoek ontvang? Is u 'n nuwe intrekker? Wil u
voorbidding vir iets of iemand vra? Of ervaar u tans 'n krisis
en het u behoefte om met iemand te praat?
Kontak asb. enige van die
leraars, of die kerkkantoor, of voltooi 'n vormpie beskikbaar by
die kerkdeure. Alle kommunikasie sal as streng vertroulik
hanteer word.
Indien u bewus is van
gemeentelede wat besoek benodig, gee asb. hul name aan 'n
dienswerker, 'n kerkraadslid, enige van die leraars, Tossie
Ferreira, Kobus Bonthuys of die kerkkantore met die oog op 'n
besoek in die hospitaal of tuis.
Besoek
die
Kinderbediening op Facebook -
Raakvat Vingertjies
Navrae:
Aftreeoorde:
Ds Bertus
Olivier Tel.: 012 332 3069
Sel: 072 547 2676
E-pos:
oli4@lantic.net
Residensiële gebiede: Dr Bettie Wagner-Ferreira
Tel.: 012 347 4842
Sel: 082 895 6062
E-pos:
mferreira@intekom.co.za
Meer inligting oor die Arende (Seniorbediening)
'n Deel van die gemeente se
bediening is gefokus op 3 tehuise vir bejaardes,
naamlik:
-
Huis Vergenoeg
-
AGS Ouetehuis
-
Oos-Moot aftreeoord
Dit behels ongeveer 298 besoekpunte.
Die bediening behels die volgende:
1. Eredienste:
Elke Sondag om 10:30 by Huis Vergenoeg.
2. Weeklikse biduur by Huis Vergenoeg: Woensdae om
10:30.
3. Besoeke aan die inwoners van die aftree-oorde
(jaarlikse huisbesoek, siekebesoek, krisis- en
opboubesoeke).
4. Pastorale begeleiding van die personeel van die
tehuise.
5. Lidmate bedien mekaar deur Bybelstudie- en
biduurgroepe wat weekliks bymekaar kom. Hulle
ondersteun en help mekaar soos en waar nodig.
6. Onder ons seniorlidmate is daar baie wat in
groepe of individueel voorbidding doen. Hulle bid
nie net vir mekaar nie, maar dra ook die gemeente se
aktiwiteite deur gebed!
Die dienswerk word behartig
deur die ouderling, diaken en dienswerkers. Ds
Bertus Olivier is die leraar wat hoofsaaklik
verantwoordelik is vir hierdie bediening.
|
Gesinne en jeug
Kleingroepe/ Omgeegroepe
Erediens
Daar is verskeie gebedsgroepe waarby lidmate
kan
inskakel.
Kliek hier vir inligting.
Gebedsrooster
Die gebedsrooster is in gedrukte formaat by die kerkdeure
beskikbaar.
Navrae: Kobie Geldenhuys Tel.: 012
333 2916
Sel: 082 469 2391
Gebedsnetwerk
Missie: Om lidmate
aan te moedig om daagliks tot God te nader vir:
-
die fisiese en geestelike behoeftes van die
gemeente;
-
die uitbreiding van God se Koninkryk;
-
aanbidding, lofprysing en danksegging,
deur:
‘n gereelde gebedsprogram wat oor 5 weke strek te
voorsien, bloot as riglyn vir daaglikse verenigde
gebed.
Doel:
-
Om gemeenskaplik
tot God te bid oor dinge waaroor ons as gemeente
saamstem (Mat 18:19).
-
Om ‘n gees van
samehorigheid en eensgesindheid in die gemeente
te bevorder.
-
Om gehoorsaam te
wees aan God se opdrag om te volhard in gebed (Kol
4:2).
Uiteensetting: Vir elke dag van die week word ‘n
ander letter van die woord VOLHARD gebruik as tema
vir die verskillende sake waaroor gebid word.
Sondae: V – V ader, Seun en
Heilige Gees
Maandae: O – O pdrag om te getuig
Dinsdag: L - L ewensbehoeftes
Woensdag: H – H eiligwording, geestelike groei
Donderdag: A – A ksies, Kleingroepe & bedieninge
Vrydag: R – R akkers, kinders & jeugwerk
Saterdag: D – D ominees, leiers & gemeentesake
BELANGRIK: Almal in die gemeente, ook die kinders en
jongmense, word vriendelik uitgenooi om gemeentesake
waaroor gebid moet word vroegtydig onder ons aandag
te bring sodat dit in die volgende program bygevoeg
kan word.
Kontakpersoon: Kobie Geldenhuys (Tel.: 012 333 2916
Sel: 082 469 2391)
|
|
|